Zara Jakob

Zara Jakob
Keiser van Ethiopië
Dinastie Huis van Salomo
Bewind 1434-1468
Gebore 1399
Shewa
Gesterf 1468 (op 68-69 jaar)
Voorganger Amda Jesus
Opvolger Baeda Mariam I
Gade van Eleni
Vader Dawid I
Moeder Igzi Kebra

Zara Jakob (Ge'ez: ዘርዐ ፡ ያዕቆብ zar'ā yāʿiqōb, "Afstammeling van Jakob", letterlik "Saad van Jakob"; 1399 - 26 Augustus 1468) was die keiser van Ethiopië en ’n lid van die Salomoniese Dinastie. Sy troonnaam was Konstantyn I (Ge'ez: ቈስጠንጢኖስ qʷastāntīnōs). Hy was die seun van Dawid I en sy jongste vrou, Igzi Kebra.

Die Britse kenner van Ethiopië Edward Ullendorff meen Zara Jakob "was ongetwydfeld die grootste heerser van Ethiopië sedert Ezana, tydens die hoogtepunt van Aksoem-mag, en geen van sy opvolgers kan met hom vergelyk word nie – behalwe miskien die keisers Menelik II en Haile Selassie".[1]

Paul B. Henze herhaal die tradisie dat Zara Jakob na Tigray gebring is en daar in die geheim grootgemaak is weens die jaloesie van sy oudste broer, Tewodros I.[2] Die Ethiopiese historikus Taddesse Tamrat erken die tradisie is belangrik om die aandag te vestig op Zara Jakob se godsdienstige agtergrond vir sy bewind, maar die storie is "baie onwaarskynlik". Zara Jakob het self in sy Masjafa Berhan geskryf hy is maar op die vooraand van sy troonbestyging uit die koninklike tronk op berg Gishan gebring.[3]

  1. Edward Ullendorff, The Ethiopians: An Introduction to the Country and People, 2de uitg. (Londen: Oxford University Press, 1960), p. 69. ISBN 0-19-285061-X.
  2. Paul B. Henze, Layers of Time, A History of Ethiopia (New York: Palgrave, 2000), p. 68. ISBN 1-85065-522-7
  3. Taddesse Tamrat, Church and State in Ethiopia (Oxford: Clarendon Press, 1972), p. 222 ISBN 0-19-821671-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search